Hoe proe ‘n guava?

Gister vra ‘n vriendin vir my: “Hoe proe ‘n guava?”

Huh?

Sy het nog nooit in haar lewe ‘n guava geëet nie. Die reuk van vars guavas sit haar glo totaal en al af van enige guava ingesluit geblikte guava en guava sap. En selfs nie eers ‘n vrugterol nie !

My beste verduideling is ‘n mengsel tussen ‘n peer en ‘n aarbei in smaak en tekstuur.

Hmmm ek sal maar weer een of twee moet gaan eet en dan my antwoord aan haar hersien …

 

 

 

Advertisements

Hoekom praat ek nog?

Hoekom praat ek nog ? Hoekom praat ek nog as jy nie luister nie. Jy luister nie om te hoor nie – Jy luister om my te antwoord. Te antwoord dat alles eintlik net my skuld is.

Nou praat ek nie meer met jou nie.

Ek praat met Here want Hy kan luister, kan hoor, kan vergewe en kan vertroos.

 

Ek Jy Ons

Ek is die probleem. Ons is die probleem.

Vir 12 jaar was daar net ‘n Ek en toe kom Jy. En ek doen alles in oormaat om jou te bederf omdat daar ‘n Ons is en nie net ‘n alleen Ek nie.

En nou is jy bederf en selfsugtig en alles draai om Jou. Nou is daar net ‘n Jy en nie meer ‘n Ons nie.

Ons is selfsugtig.

Ek het verdwyn.

Sproetjies

Ek sit en wag dat Boeta klaar moet konsert.

“En daar sien ek ‘n klein dogtertjie, eenkant alleen.
Met traantjies wat rol oor haar gevlekte gesiggie heen.”

So tussen die snikke en trane deur verduidelik sy my dat  sy anders is. Daar haar lyfie en haar vel anders is LYK as die maatjies op die verhoog.

En net daar praat die Heilige Gees deur my en gee vir hierdie kind ‘n boodskap wat ek ook eintlik moes hoor. Hier volg ons gesprek:

“Gaan julle ooit wildtuin toe?”

“Ja tannie . ”

“Wel, wanneer julle terugkom van die wildtuin af, spog julle oor al die rooibokke wat julle gesien het. Al daardie duisende rooibokke wat almal dieselfde lyk?

“Nee tannie, ons noem dit weerbokke want jy sien hulle weer en weer en weer!”

“En as julle ‘n groot olifant koei sien met vreemde vlekke op haar lyf, spog julle daarmee?”

“Ja tannie. Daar is niks mooier as ‘n groot matriag wat so statig rondloop nie. En soms het hulle merke op hulle lywe van gevegte waarin hulle was.”

“Nou my liewe kind, is jy nie dankbaar dat die Here van jou eerder ‘n olifant gemaak het in plaas van ‘n rooibok. Sien jy al daardie honderd dogtertjies wat dieselfde lyk – niemand gaan hulle onthou nie, maar almal gaan jou met jou andersheid onthou. Die Here het jou nie gemaak om intepas nie, en dit is nou vir jou vreeslik erg. Maar God in al sy wysheid het jou gemaak om uittestaan. Moet nooit wegkruip nie – own it !”

“Dink tannie so?”

“Nee my liewe kind, ek weet en glo dit met my hele hele hele hart.”

“Dankie tannie. As ek ooit famous word gaan ek my stagename Jubilala maak.”

Met die wegstap stap –  sien ek in my geestes oog vir  Jubilala rustig op die Gomondwane teerpad, oppad Krokodilbrug toe.

Om water te skuif

Vanoggend vind ek die onderstaande prentjie op ‘n grapblad. Die byskrif lui “Hoe om water uit jou erf te skuif na die vloed”.

 

vloedwater

Eers het ek lekker gegiggel maar toe tref dit my dat ek dink ek doen soms dieselfde in my eie lewe. Hoeveel tyd en energie spandeer ek nie om van my  “issues” in my emosionele ruimte rond te skuif nie, sonder om werklik daarvan ontslae te raak. Ek voel so trots daarop dat ek besig is om daaraan te werk – maar help al daai werk rerig as jy dit soos die water bo oor gooi en TOELAAT dat dit net weer terug sluip in jou erf in?

Ek dink ek moet ‘n dam bou wat die water kan binne hou !

Adele

Vandag channel ek vir Adele ! Ek is nie ‘n vreeslike groot musiek fan nie …. stilte gevul met die bos se klanke is vir my beter as enige song. En so van klanke gepraat … die klank van die see maak my verskriklik angstig ?!?

Oeh en daar verloor ek weer die draad van my storie. Wat ek wou sê – ek hou nie van Adele se musiek nie maar ek dink sy is ‘n fenomenale mens.

Wat is die skade?

Gisteraand klim ek heel chuffed van die skaal af en stap so self voldaan in die kamer in, toe my man opkyk en vra : “So wat is die skade, hoeveel het jy hierdie keer opgetel ?”

Die ironie van die hele affere is – ek het gewig VERLOOR. Ek het skelm op die treadmill begin spring as my man nog by die werk is, beter keuses vir ontbyt en middagete begin maak, suiker amper 100% uitgesny, heelwat meer groente begin eet vir aandete en ek was SO trots op myself.

So wat is die skade?

Net een semi-selfbeeld, dankie xxx

Ek is plat geslaan.

Ek    gee    op.

 

 

Maar jy is nie my Ma nie !

Soos meeste van julle weet smag ek na ‘n kiddie van my eie maar tot die Here dit wil is ek stiefma vir ‘n paar seuns.

So ver was ek nog baie gelukkig en het hulle my liefde net so veel as my dissipline aanvaar. Maar ek sidder vir die dag wanneer een van my seuns ‘n deur in my gesig toeslaan en daardie woorde vir my skree : Maar jy is nie my Ma nie !

Ek het al so baie gesprekke met slim mense daaroor gehad, boeke gelees en volg selfs ‘n half dosyn blogs oor hoe om ‘n stiefouer te wees. Maar nog steeds weet nie ek nie wat die regte antwoord (of reaksie) op daar die dolk deur jou hart is nie !

Enige raad welkom 🙂

As die skoen jou pas.

Die gesegte lui “As die skoen jou pas, trek hom aan”. Ek het wel hierdie Desember besef dat die definisie van wanneer die skoen  pas verskil van mens tot mens !

Ek was gestrand op die lughawe en het my tyd verwyl deur na dames se skoene/voete te loer. En ek het besef dat daar ‘n legio vroue is wat iemand anders se skoene probeer volstaan !

My tannie sê altyd “Juffie, daai is dalk jou rok (skoene?), maar dis verseker nie jou nommer nie”. Ek dink daar is ‘n paar Cinderella se stiefsussies daar buite wat net eenvoudig ‘n spesifieke nommer skoen dra hoewel hulle tone of hakke op die vloersleep 😀

Nou laat ek maar my stoute skoene aantrek en met hierdie potblou Dinsdag begin !