Sproetjies

Ek sit en wag dat Boeta klaar moet konsert.

“En daar sien ek ‘n klein dogtertjie, eenkant alleen.
Met traantjies wat rol oor haar gevlekte gesiggie heen.”

So tussen die snikke en trane deur verduidelik sy my dat  sy anders is. Daar haar lyfie en haar vel anders is LYK as die maatjies op die verhoog.

En net daar praat die Heilige Gees deur my en gee vir hierdie kind ‘n boodskap wat ek ook eintlik moes hoor. Hier volg ons gesprek:

“Gaan julle ooit wildtuin toe?”

“Ja tannie . ”

“Wel, wanneer julle terugkom van die wildtuin af, spog julle oor al die rooibokke wat julle gesien het. Al daardie duisende rooibokke wat almal dieselfde lyk?

“Nee tannie, ons noem dit weerbokke want jy sien hulle weer en weer en weer!”

“En as julle ‘n groot olifant koei sien met vreemde vlekke op haar lyf, spog julle daarmee?”

“Ja tannie. Daar is niks mooier as ‘n groot matriag wat so statig rondloop nie. En soms het hulle merke op hulle lywe van gevegte waarin hulle was.”

“Nou my liewe kind, is jy nie dankbaar dat die Here van jou eerder ‘n olifant gemaak het in plaas van ‘n rooibok. Sien jy al daardie honderd dogtertjies wat dieselfde lyk – niemand gaan hulle onthou nie, maar almal gaan jou met jou andersheid onthou. Die Here het jou nie gemaak om intepas nie, en dit is nou vir jou vreeslik erg. Maar God in al sy wysheid het jou gemaak om uittestaan. Moet nooit wegkruip nie – own it !”

“Dink tannie so?”

“Nee my liewe kind, ek weet en glo dit met my hele hele hele hart.”

“Dankie tannie. As ek ooit famous word gaan ek my stagename Jubilala maak.”

Met die wegstap stap –  sien ek in my geestes oog vir  Jubilala rustig op die Gomondwane teerpad, oppad Krokodilbrug toe.

One thought on “Sproetjies

  1. Ek is so dankbaar jy het HG se stem gehoor. Die dogtertjie het jou woorde en insig nodig gehad, en ek glo jy het ñ groot verskil aan haar selfbeeld gemaak.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s